…en met die skone Therese Benadé en Marcus Muller op ons voorblad is ons Oktober maand net nog mooier
“Gekanselleerd?!, wat bedoel hulle gekanselleerd?!!!!!!” Ja ek kan soms bietjie dramaties wees…maar net as dit by tyd en beenspasie op ‘n vliegtuig kom.
Ek het gister ‘n sms van ons “groen” lugredery ontvang, wat my inlig dat my 9:00 vlug gekanselleer is en dat hulle dit goed gedink het om my op die 10h00 vlug te sit. Nadat ‘n JHB shoot haarfyn gereel is met fotograaf, grimeering, stileering, venue, en natuurlik Therese en Marcus. Ai…
Nou ja, ten minste kan ek nou langer in die Kaapse verkeer sit oppad lughawe toe. Want ja…dit reen alweer hier. Nie net kieza soos my oupa altyd gesê het nie maar soos in deurnat, papnat, draai jouself soos ‘n koeksuster om die water af te skud nat.
NAT as jy vanaf jou kar in die “goedkoper” parkade (die effek van ‘n resessie) stap na domestic departures . NAT as jy stap tot by die bussie wat jou na die vliegtuig neem. En NAT as jy van die bussie na die trappies hardloop en plons deur plasse – NAT.
Soos my ma my geleer het was ek op tyd en 1.5 hr voor vertrek tyd by die inboek toonbank en kon ek toe uit oudergewoonte my venster siplek by ‘n nooduitgang kry – phew! Tyd vir koffie en dan … raai wie loop ek toe raak by exclusive books?! LIZE Beekman, kyk hier is die bewyse.

Ek wil julle nou nie verveel met klein nonsies soos hoe om jou sitplek gordel vastemaak nie, maar wat wel my aandag getrek het was toe ons bo-oor Sutherland vlieg (ons was seker flippen hoog) was dit -55 grade!!!! BELOWE erewoord, ek het twee keer gevra of ek reg gehoor het. JUSSIE, dis koud!
So by die shoot…Soos julle kan raai, was almal voor my daar (die hele vlug besigheid…) maar wat ‘n stunning venue. MORRELLS, – beautiful. As julle ooit ‘n konferensie/trou venue of gastehuis soek, dit is pragtig.
Die décor, gasvryheid en vriendelike personeel het verseker bygedra tot die heerlike ondervinding.
Besoek hulle gerus by www.morrells.co.za


Hier is vir julle ‘n paar oomblike van ons dag.





hey! moenie kyk nie, ons trek hier aan.

jammer girls, ek was nie betyds om hom sonder sy hemp te vang nie




Lekker so tussen die laventel
Dit is nou 8:13 en ek wag by hek E3 op ORT vir my 21h00 vlug.
Dit was ‘n stunning dag in JHB, ‘n warm wintersdag vol excitement en mooi dinge vir die oog
Maar soos Dorothy sê in die wizard of OZ “there’s no place like home”
Tot volgende keer.
xxx