Die begin van nuwe dinge

23.8kg ligter en soos ‘n vriendin van my sê: “net ‘n maagvirus weg” van my mikpunt van 25kg af is ek en my bestehelfde Vrydag oggend, voor sonop deur na die baba-dokter toe… Die afspraak waarvoor ek al 9 maande lank myself voorberei, waaraan ek elke dag dink en werk. 9 Maande.

Noggal ironies…as die eerste invitro gewerk het was ek dalk nou opgewonde vir ander redes en sou ek ook die jaar ‘n moedersdag kon hê…Maar ons moet lewe vir die nou, en nou is my hart is nie meer so seer as ek daaraan dink nie, en is daar weer hoop.

Dit was vir my ongelooflik om in die dokter se leerbank terug te sit en te hoor wat die volgende stap vir ons sou wees, dat daar ‘n plan is. Eerstens, was hy baie tevrede met my vordering, so dit is ‘n plus en ons gaan defnitief voort. Tweedens gaan ons nie weer ‘n ixie doen nie (dit was daardie een met die inspuitings en operasies ens…)Nee wat, ons tweetjies gaan net vir ‘n gewonde KI. Maar die beste hiervan is dit is omtrent ‘n agtste van die prys van die ixie.

Ek kannie wag nie! Hou asseblief al julle vingers, duime, tone, ens gekruis vir ons klein wonderwerkie.

One response to this post.

  1. Posted by Natascha on Mei 12, 2011 at 1:08 nm

    Liewe Tenille

    Ek hou styf duim vas vir julle en ek hoop dat jy sommer baie binnekort goeie nuus sal ontvang van ‘n pinkvoetjie wat geskep is.

    N.

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.