LIG se Vadersdag-uitgawe word opgedra aan julle!
En omdat ons vrouens weet dat julle mans eintlik baie meer gekompliseerd is
as wat julle voorgee en dat daar wel ‘n sensitiewe kant is, is daar so ietsie van alles.
Vir julle tough en butch kant vat ons julle op ‘n road trip van
‘n Weskus kuier by Dana Snyman tot die pragpark Mokala.


Vir julle meer kunstige en kulturele sy is daar ‘n onderhoud met
kunstenaar Hennie Meyer, en kom lag ook saam onder een dak met Marc Lottering

Vir die Family man het ons ‘n onderhoud met Michael Mol en sy gesin
op Noordhoek se strand.En dan laaste maar nie die minste nie, vir julle innerlike sjef’s
heerlike winter bredies, meet rooibos tee.
Geniet hom!



