Die begin van nuwe dinge #2

Na my laaste inskrywing kon ek nie wag om met die nuwe “behandeling” te begin nie.

Die feit dat KI’s blykbaar nie so traumaties is soos in vitro’s nie het my heeltemal op my gemak maar tog versigtig opgewonde. Ek is opgewonde oor die “miskien” wat voorlê. Daar is soveel hoop wat geskep word deur die 10 klein geel pilletjies en die “what if” wat daarin opgesluit lê.

2 x geel pilletjies, een maal per dag vir 5 dae. En dan 3 dae later gaan jy vir ‘n komonskykhoegroeijoueiertjies-sonar. Die dag word daar dan besluit wanneer jy reg is vir jou inseminasie….wanneer kan mens ooit reg wees vir so iets?  Ek’t so rukkie terug ‘n dagstukkie oor vrees gelees en hierdie vers wat daarin behandel is bly by my…

MATT 28:20
“En wees verseker: Ek verwag nie dat julle dit alleen moet doen nie. Elke dag, tot met die wederkoms, sal Ek self by julle wees”

Nou ja, klein Femara-pilletjies, doen julle ding“. More drink ek die laaste twee…

xxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.