Soos mis voor die son

Ons is vroeg Sondag-oggend Worcester toe, en soos die mis weer dik en laag in die Boland lê kan ‘n mens amper nie help om angstig te voel as die pad kort voor jou verdwyn en jy nie verder kan sien nie. Met tye moet jy maar baie stadiger ry en op ander dele jou hazzards ook aansit (just in case).

Dit het my aan die dink gesit … die lewe, ons toekoms en waarheen ons oppad is, is baie soos om op die pad in die mis te wees.

Dit maak nie saak hoe vinnig jy ry of hoe helder jou braaits is nie – jy kan nie sien wat aan die einde van die pad is of om die draai is of selfs waar die draai is nie. Net so, kan jy nie sien wat die lewe vir jou inhou nie. Maar wanneer God in jou lewe is, soos die Son wat deur die mis breek, kry jy klein leidrade. Soos die voetganger wat van voor af aangestap kom of die silhoeëtte van kaal bome wat langs die pad staan.

Wanneer die son deur die grys, donker mis breek, is daar lig en net ‘n wasige wit mis wat oorbly – amper hemels. Jy voel meteens rustiger om te besef dat jy net die son nodig het om alles beter te maak. En dat, soos die son deur die mis breek, God ook deur die dik, donker mis kan breek en jou angstigheid wegvat en dit vervang met ‘n hemelse rustigheid, want net Hy weet wat die pad vir jou vorentoe inhou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.